摘要:Tekortbesproeiing en verhoogde watertoedieningsdoeltreffendheid is as watergebruik-strategie. met kans-beperkte lineêre programmering (KBLP) ontleed om te bepaal of die strategie. ekonomies voordelig en waterbesparend was. Tekortbesproeiing is deur skalingsfunksies in die KBLP-model gemodelleer en potensi.le terugvloei is vanaf optimale watertoedieningsdoeltreffendhede bereken. Resultate toon dat verhoogde watertoedienings-oeltreffendheid ekonomies voordelig was, maar die illusie kan geskep word dat water bespaar word, terwyl potensi.le terugvloei verminder. Tekortbesproeiing bespaar water deurdat waterverbruik deurgaans meer daal as potensi.le terugvloei. Tekortbesproeiing was alleenlik ekonomies voordelig indien groter oppervlaktes met die bepaarde water besproei kon word. Albei strategie. het substansi.le ekonomiese voordele indien groter oppervlaktes met bespaarde water besproei word, maar het meer druk op stroomvloeivlakke uitgeoefen. Alvorens beleid wat in sosiale belang is, saamgestel kan word, word meer inligting aangaande die wisselwerking tussen waterwetgewing, waterbeleidsadministrasie, tegnologie, hidrologie en menslike waardestelsels benodig.