摘要:Verskeie skrywers, naamlik Vermeulen en Fouché (2006:14) asook Le Roux (2000:36), bevestig dat die werklike statistiek rakende die seksuele misbruik van kinders moeilik bepaalbaar is, aangesien 70% tot 80% van alle gevalle nooit aangemeld word nie. Cawood (2004:1) meld dat een uit elke drie dogters en een uit elke vyf seuns in Suid-Afrika onder die ouderdom van 18 jaar seksueel misbruik word. Vermeulen en Fouché (2006:20) maak die opmerking dat die oorgrote meerderheid gevalle van seksuele misbruik binne die gesin- en familiesisteem voorkom, en dit is deur Marshall en Herman (2000:53) bevestig.