摘要:Daar is in Suid-Afrika ’n toename in die getal sorgbehoewende kinders wat deur familielede versorg word (Schönteich, 2000). Volgens die Jaarverslag van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling was daar ’n merkbare toename in die toekenning van pleegouertoelaes (tussen April 2000 en April 2003). In die jaar 2000 het 49 843 pleegouers pleegouertoelaes ontvang. Dit verhoog in 2001 na 61 268. ’n Verdere styging na 9 680 word vir 2002 aangedui en in 2003 was dit 138 763. Hierdie gegewens dui daarop dat pleegsorgplasings in Suid-Afrika skerp toegeneem het.