首页    期刊浏览 2024年12月03日 星期二
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Die effek van direkte instruksie oor voegwoord-gebruik op die sintaktiese kompleksiteit van narratiewe
  • 作者:Anna-Retha Steinberg ; Daleen Klop ; Frenette Southwood
  • 期刊名称:Stellenbosch Papers in Linguistics Plus
  • 电子版ISSN:2224-3380
  • 出版年度:2003
  • 卷号:32
  • 期号:1
  • 页码:173-197
  • 语种:Afrikaans
  • 出版社:Department of General Linguistics, University of Stellenbosch
  • 摘要:Blootstelling aan narratiewe vanaf 'n jong ouderdom bevorder geletterdheid en akademiese prestasie (Rollins, McCabe, en Bliss 2000:223). Die vermoë om 'n narratief te produseer behels die gebruik van gevorderde taal- en kognitiewe vaardighede (Wagner, Nettelbladt, Sahlén, en Nilholm 2000:90). Baie akademiese vakke vereis die oorvertel van gebeure, byvoorbeeld in toetse, formele skryfstukke, en mondelinge (Milosky 1987:330). Kinders se vermoë om 'n narratief te verstaan, oor te vertel, en te produseer gee nie net 'n aanduiding van hul algemene taalvermoë nie, maar dien ook as voorbereiding vir die formele taal wat tydens latere skooljare benodig word (Alant, Tesner, en Taljaardt 1992:188). Verder kan die gebruik van komplekse sintaksis in narratiewe belangrike inligting verskaf oor leerders se skoolgeletterdheidsaktiwiteite (Gutierrez-Clellen en Hofstetter 1994:646; Rollins et al. 2000:223). Sintaktiese kompleksiteit is baie nóú geïntegreer met akademiese taal (Gummersall en Strong 1999:152). Handboeke, naslaanwerke, vraestelle, en wiskundige en wetenskaplike literatuur vereis 'n begrip van en vaardigheid met komplekse taalstrukture. Vir die optimale begrip van byvoorbeeld 'n wiskundige woordprobleem, moet voegwoorde en uitgebreide sinne verstaan en geïnterpreteer kan word. Die mate waarin sintakties komplekse uitinge verstaan word, sal dus 'n invloed hê op die begrip van wetenskaplike of akademiese taal. Onderwyser- en handboektaal word albei toenemend kompleks namate kinders deur hul skoolloopbaan vorder (Gummersall en Strong 1999:152). Die begrip van sintakties komplekse sinne is dus belangrik vir sukses in die klaskamer.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有