首页    期刊浏览 2025年03月04日 星期二
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Body shape versus body form : a comparison of the body shapes of female Swazi consumers with those of body forms used in apparel manufacturing
  • 作者:Helena M. De Klerk ; Letsiwe L. Mabuza ; Karien Adamski
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2014
  • 卷号:42
  • 期号:1
  • 页码:85-101
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Om goeie pas te verseker is dit belangrik dat klein- en grootskaalse klerevervaardigers klere vervaardig wat die groottes en liggaamsvorme van hul teikenmark sal pas. Vir die pas van klere maak groot- en kleinskaalse klerevervaardigers gebruik van kommersiële pas-modelle, waarvan die groottes en vorme veronderstel is om dieselfde te wees as die groottes en vorme van die teikenmark. Soos in baie ander lande, is geen antropometriese data van die Swazi-populasie beskikbaar nie, en ondervind veral die kleinskaalse klerevervaardigers in Swaziland steeds menige probleme met die pas van hul vervaardigde klere. Die doel van die studie was eerstens om die mees algemene vroulike Swazi-liggaamsvorm wat vir die vervaardiging van kommersiële pas-modelle gebruik kan word, te identifiseer, en tweedens om die mees algemene Swazi-liggaamsvorm met die liggaamsvorme van beskikbare kommersiële pas-modelle te vergelyk. Die steekproef het bestaan uit 101 jong Swazi-vroue, ouderdom 18-30 jaar, en met 'n grootte 32 en 34 borsmaat. Die studie is in twee fases uitgevoer. In fase 1 is die liggaamsmates van die steekproef en twee verskillende handelsnaam kommersiële pas-modelle geneem en vergelyk. In fase 2 is die pas van 'n basiese rok wat volgens die mates van die geïdentifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34) gemaak is, op die kommersiële pas-modelle geëvalueer. Die resultate het getoon dat die mees algemene Swazi-liggaamsvorm die driehoekige liggaamsvorm is, gevolg deur die uurglas-liggaamsvorm. In teenstelling met wat verwag is, was die liggaamsvorm van die pas-modelle nie die uurglas of ideale liggaamsvorm nie, maar wel 'n langwerpige en driehoekige liggaamsvorm. Daar was betekenisvolle verskille tussen die liggaamsmates van beide groottes driehoekige Swazi-liggaamsvorms en die mates van die twee verskillende handelsnaam-pas-modelle. Die evaluering van die pas van 'n basiese rok, gemaak volgens die mates van die geïdentifiseerde mees algemene Swazi-liggaamsvorm (grootte 32 en 34 Swazi) op die kommersiële pas-modelle, het dan ook pas-probleme uitgewys. Die resultate het implikasie vir vervaardigers van pas-modelle sowel as van klere wat vir die Swazi-mark bedoel is.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有