期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
印刷版ISSN:0378-5254
出版年度:2014
卷号:42
期号:1
页码:39-46
语种:English
出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
摘要:Die studie waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, het die hanteringstrategieë van huishouding in die landelike gemeenskap van Timane ondersoek. 'n Deursnee-ondersoek-ontwerp is gebruik, waarin 'n Coping Strategy Index (CSI)-vraelys gebruik is wat deur Maxwell en Caldwell (2008:2) ontwerp is om data in te samel. Die respondente is lukraak uit gekose huishoudings in toegewese gebiede in die gemeenskap gekies. Die meerderheid van die huishoudings (72%) het 'n staatstoelae ontvang. Van die totale huishoudings het 28% ouderdomspensioene en 38% kindertoelaes ontvang. Die Spearman-korrelasiekoëffisiënt tussen die aantal kinders in die respondente se huishoudings en die CSI was 0,78 (p < 0,001). Volgens die bevindings ervaar sekere huishoudings in die landelike gemeenskap van Timane voedselonsekerheid en die erns van die voedselonsekerheid wat ervaar word, verhoog proporsioneel met die aantal kinders in die huishouding.