首页    期刊浏览 2024年12月13日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:Community empowerment in Botswana : the practitioners' perspective
  • 作者:Marietjie Van der Merwe ; Lois R. Mberengwa ; Rebekka N. Lekoko
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2010
  • 卷号:38
  • 期号:1
  • 页码:12-22
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:Dit is uit die literatuur duidelik dat die term bemagliging dikwels gebruik word om 'n ontwikkelingsprogram 01 projek goed te laat lyk sonder dat dit werklik bemagtiging meebring. Die verwagting is dat, wanneer lede van die gemeenskap bemagtig is, hulle beheer van hul lewens op mikro- (individuele), interpersoonlike (organisasie) en makro-(gemeenskaps-) vlak kan neem en dat ongelykhede in maatskaplike stelsels oorkom word. Een so 'n groep wat verantwoordelik is vir die bemagtiging van lede van die gemeenskap in besondere omstandighede, soos armoede, is huishoudkunde voorligtingsbeamptes (HVB's) in Botswana. Die hoofdoel van hierdie artikel is om vas te stel hoe HVB's in Botswana die term gemeenskapsbemagtiging verstaan en hoe hierdie definisie hulle praktyke om plaaslike gemeenskappe te bemagtig, beïnvloed. Hierdie hoofdoel is uitgevoer deur vas stel wat HVB's daarby bedoel as hulle die begrip bemagtiging gebruik, die strategieë wat hulle toepas om bemagtiging mee te bring sowel as die hindernisse wat HVB's verhoed om bemagtiging suksesvol teweeg te bring. Om die doel van hierdie studie te bereik is 'n fenomenologiese benadering gevolg om kwalitatiewe data in te samel. Oop vraelyste, semi-gestruktureerde onderhoude en een fokus-groepbespreking is gebruik. 'n Totaal van 15 HVB's het die vraelyste ingevul en tien beamptes het aan die onderhoude deelgeneem. 'n Aparte fokusgroepbespreking is gehou met tien lede van 'n gemeenskaps-naaldwerkgroep om vas te stel wat die rol van die HVB's was by die vorming van die groep. Uit die literatuur kom vier gemeenskaps- ontwikkelingsbenaderings na yore wat opeenvolgend toegepas kan word om bemagtiging aan te moedig. Die eerste benadering is die welsynsbenadering wat klem plaas op die bevrediging van materieël behoeftes. Die tweede benadering is die ontwikkelingsmaatskaplike welsynsbenadering wat hoofsaaklik daarop fokus om individue te help om hulself te help deur aan hulle toegang tot opvoedings- en opleidingsgeleenthede te gee. Die derde benadering is die bevrydingsbenadering wat daarop gerig is om individue aan te moedig om nie net bewus te wees van aspekte wat hulle onderdruk nie, maar om hulle eie doelwitte te definieer en dit uit te voer. Die laaste benadering, naamlik die transformasiebenadering, moedig individue aan om stelsels wat onderdrukking en ongelyke verdeling in gemeenskappe veroorsaak, te bevraagteken en te wysig.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有