首页    期刊浏览 2025年02月28日 星期五
登录注册

文章基本信息

  • 标题:A qualitative approach for exploration of feeding practices, knowledge, and attitudes on child nutrition framework
  • 作者:Gerda Gericke
  • 期刊名称:Journal of Family Ecology and Consumer Sciences = Tydskrif vir Gesinsekologie en Verbruikerswetenskappe
  • 印刷版ISSN:0378-5254
  • 出版年度:2004
  • 卷号:32
  • 期号:1
  • 页码:36-45
  • 语种:English
  • 出版社:South African Association of Family Ecology and Consumer Sciences (SAAFECS)
  • 摘要:
    Doel: Chroniese wanvoeding wat deur 'n langdurige inname van lae-kilojoule voedsels veroorsaak word, is 'n hardnekkige, publieke gesondheidsprobleem in meeste ontwikkelende lande soos Suid- Afr-ika (SA). Kinders is die mees kwesbare groep wat hierdeur geraak word aangesien hul groei benadeel word. Voedingpraktyke in die kinderjare affekteer die voedingstatus, gesondheid en ook die groei van kinders. Hierdie navorsingsverslag bied 'n oorsig van 'n kwalitatiewe benadering wat gevolg is in die ondersoek na die aard van die voeding- en speningpraktyke van moeders/versorgers van kinders 0 tot 3 jaar oud, wat die babaklinieke in twee areas in die Moretele distrik (SA) besoek. Die voedingkennis van die moeders/versorgers asook hul houdings oor kindervoeding is ook ondersoek. Die doel van hierdie artikel is om te reflekteer op die kwalitatiewe benadering en die data-analiseproses soos dit van toepassing is op voedingnavorsing.
    Benadering: 'n Kwalitatiewe benadering is gevolg om data oor ses relevante voedingonderwerpe te versamel deur van die fokusgroeponderhoudtegniek gebruik te maak. Onderhoude is gevoer met 'n geriefsteekproef (N=174) van moeders/versorgers in ses ouderdomsgroepe wat saamgestel is volgens bekende dieetveranderingsfases. Opgeleide moderators (van dieselfde etnisiteit as die ondersoekgroep om kulturele-, geletterdheid- en taalprobleme te oorkom) het twee fokusgroepe per ouderdomsgroep per kliniek gevoer deur gebruik te maak van 'n getoetste, gestruktureerde onderhoudskedule. Elke fokusgroeponderhoud is op band opgeneem en direk na afloop van die onderhoud getranskribeer en vertaal. 'n Vakspesialis het die transkripsies vir korrektheid en volledigheid gekontroleer. Die twee basiese benaderings vir fokusgroepdataanalise is gebruik. Inhoudsanalise het sistematiese beskrywings van die data opgelewer en etnografiese opsommings het beskrywende data verskaf.
    Die ontwikkeling van die kwalitatiewe benadering insluitend die ontwerp, uitvoering en analise van die fokusgroeponderhoude word bespreek. maatreëls wat toegepas is om geldigheid en betroubaarheid te verhoog, sowel as 'n model wat die datareduksieproses uitbeeld, maak deel van die bespreking uit.
Loading...
联系我们|关于我们|网站声明
国家哲学社会科学文献中心版权所有